Vegetariese gereg…

Bestanddele
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies
3 middelslag wortels, in skywe
200g broccoli, gebreek
200g groenboontjies, gehalveer
250g sampioene
1 blik bone in tamatiesous
1 blik heel tamaties
45ml pietersielie
sout en swartpeper

BOLAAG
4 snye bruinbrood, korsies verwyder, fyn
80ml sagte botter
250 ml gerasperde kaas
30 ml pietersielie
2.5ml paprika
sout

Metode
Voorverhit oond tot 180C. Soteer uie, wortels, broccoli, groenbone en sampioene vir 10 minute. Voeg knoffel by en roerbraai nog ‘n minuut. Roer boontjies, tamaties en pietersielie by en geur na smaak.

BEREI BOLAAG
Meng alles en maak in voedselverwerker fyn. Skep groentemengsel in oondpan en sprinkel bolaag oor.
Bak 30 minute. Lewer 4-6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 311 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *