Vesralwing

Daar is op my hart gelê om oor verslawing te praat.

‘n Mens bly altyd ‘n verslaafde. Al is jy genees van jou verslawing sal jy altyd ‘n verslaafde bly. My verslawing het gekom omdat ek as jong kind blootgestel is aan seks deur ons huishulp wat seks gehad het voor my met mans, terwyl sy na my moes kyk en dat sy met my onsedelike dade gepleeg het.

Omdat ek so 2 of 3 jaar oud was, kan ek geen van die insidente onthou nie. Dit alles is eers later in my lewe aan my geopenbaar.

In kort het ek verhoudings aangegaan met vrouens en hulle op my verlief gemaak en dan het ek hulle net so gelos om myself te wreek op vrouens vir wat ‘n vrou aan my gedoen het. Op my eie het ek baie probeer om los te breek maar ek kon nie. Die Here het egter ingegryp en my lewe handonkeer verander met ‘n leun. Alle lof eer en dank aan die Here, wat my gehelp het om die bande met my sonde te breek.

As ‘n mens nie ‘n verslaafde is of was nie sal jy nie kan verstaan wat in ‘n verslaafde se lewe aangaan nie, al probeer jy hoe hard. Om te verstaan hoe dit is, hou jou asem op solank as moontlik. Wat gebeur? Jou brein sê vir jou na ‘n paar sekondes jy moet begin om asem te haal ander gaan jy nou nou dood.

So is dit met verslawing. Net soos jou liggaam nie sonder suusrtof kan klaarkom nie, net so kan jy nie sonder die drank, dwelms, pornografie, seks of verhoudings klaarkom nie. Jy MOET dit nou kry anders gaan jy van jou kop af.

Maak nie saak waaraan ‘n mens verslaaf is nie, is daar ‘n paar eienskappe wat alle verslaafdes besit:
1) Alles in die lewe gaan oor hom of haar.
2) Daardie persoon sal lieg en steel om sy of haar verslawing te handhaaf.
3) Verslaafdes het ‘n lae selfbeeld.
4) Die kanse is goed dat daardie persoon in sy of haar lewe gemolesteer was as kind.

In ‘n Rehablistasie sentrum, het ‘n persoon my vertel, was daar ‘n groep van 9 mense wat behandeling ontvang het. 8 Van daardie mense, mans en dames, was gemolesteer as kinders. Die hele groep was verslaaf aan drank of dwelms of beide.

Van die mense (kinders) het hulle Ma’s daarvan vertel en nie een van hulle Ma’s het hulle geglo nie, en vandag is daarde mense wrakke.

Molesteerders is gewoonlik iemand in die familie, Pa of broer of ‘n oom of ‘n familie vriend.

Dink jouself in, in daardie persoon se lewe. Moet nie Veroordeel nie, stop neem daardie persoon se hand en stap die pad saam met daardie persoon.

Die goeie nuus is daar is lewe na verslawing. Die ketting kan gebreek word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 185 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *