Wenke ~ Eskom Etes

Gerda skryf:
Aangaande die kragprobleem. Ons het ‘n hele paar jaar gelede al vir ons sonpanele met batterye ens. opgesit sodat ons die groot kisvrieskas met sonkrag kan laat werk, omdat hy so baie krag gebruik. As die son sterk skyn en ek het dringend hitte nodig om iets klaar te maak om te eet, dan kan ek my induksiestoof vir ‘n rukkie daarop sit en so die nodige doen. ‘n Gastoof help ook om die kos klaar te maak. Nou se dae moet almal maar ‘n gasstofie aanskaf.

Ek het ook vir my ‘n sonstoof gemaak en dit werk wonderlik om enige kos in gaar te maak as die son sterk skyn. In die somer werk dit uitstekend, ek kook my vleis met die nodige net deur en dan sit ek dit in die sonstoof en laat dit dan vir die dag in die volson staan. Vanaand is die kos heerlik gaar en hoef jy nie te kommer oor wat om te eet nie.

Wat ek ook het is ‘n “foamolite” houer wat ek met ‘n hele paar tafeldoeke uitgevoer het, ek kook dan die rys goed op met net die regte hoeveelheid water en sout by, plaas dit in die houer met nog ‘n paar fafeldoeke bo-op en dan die deksel en laat dit tot en met middagete, die rys is dan gaar en droog en nog warm en ek het geen brandoffers nie. Jy kan ook ‘n stewige kartondoos gebruik en dit dan met ‘n sak gevul met strooi uitvoer en dit ook gebruik vir die kook van die rys, dit hou ook kos en sop heerlik warm. Ek glo jy kan ook pasta soos die rys gaarmaak in die houer.

Ek het al maalvleis die oggend in die sonoond gesit en dit was met middagete reeds gaar, het dit net weer op die stoof gesit om dit af te rond met geurmiddels en deur te kook. Wintertyd is die sonstoof nie ‘n opsie nie, maar dan het ek vir Meraaia, dit is ‘n swart Dover houtstoof wat heerlik warm maak, waarop ek kook en patat in die oond gaar bak.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 498 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *