1 Johannes 3:11

Vrydag 13 Maart 2015 Tema: My naaste en ek 5
****My eie woorde
**** Nie een van ons kan besluit om iemand lief te hê en voila daar
is dit nie. Tog het ons elkeen die voorreg om die Here te vra : Here
verander my hart dat dit een met U wil is.
1 Johannes 2:15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die
wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die
Vader nie in hom nie.
1 Johannes 3:11 Want dit is die boodskap wat julle van die begin
af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê;
1 Johannes 3:18 My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met
die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
1 Johannes 3:23 En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy
Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ‘n
gebod gegee het.
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Baie dankie vir vele briefies en positiewe terugvoer die week. Een
ding is seker ons gaan almal elke dag deur ‘n worstelstryd. Tog wil ek vir
elkeen wat hulle laste gedeel het sê: Hou aan die HERE vas, praat met
Hom en moenie opgee nie. Jesus GAAN kom om Sy getroue kinders te
kom haal en dis wat tel. Die HERE is besig om te kyk wie sal vir Hom
staan soos ‘’n Daniël of soos Sy drie manne wat deur die vuur vir Hom
sou gaan. As jy voel dinge raak te veel sing ‘’n loflied in jou hart en jy
slaan die duiwel ’n kishou. Steek dan sommer vir hom tong uit en s: “ Die
HERE is aan my kant en daarom is ek ‘n oorwinnaar oor alles wat oor my
pad mag kom.
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 61 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *