1Sam_7:3

Donderdag 26 Maart 2015 Tema: Wie staan in jou pad 4
****My eie woorde
**** Is daar afgode in my en jou lewe wat verhinder dat ons die
HERE voluit dien ….Wat of wie is daar in jou lewe wat jy bo God
stel. Onthou dit is vrae wat ek en jy vir onsself moet antwoord. Dis
iets wat ek en jy self met die HERE moet uitmaak. Vanoggend praat
die HERE dalk ernstig met jou en jy weet van hierdie of daardie
ding in jou lewe. Onthou die spreekwoord- van uitstel kom afstel en
dit kan my en jou die koninkryk kos. Maak vandag tyd om hierdie
sake te oordink en doen dan dit wat jy weet jy moet doen. Die
ernstige deel is juis dat Jakobus sê ons bedrieg onsself.
1Sam_7:3 Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek
en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer,
verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en
rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red
uit die hand van die Filistyne.
Matt 10:33 Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal
Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.
V34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring
nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
V35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en
sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en
haar skoonmoeder.
V36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.
V37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en
wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.
V38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie
waardig nie.
Jak_1:22 En word daders van die woord en nie net hoorders wat
julleself bedrieg nie.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 26 Maart2015
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Marinda Nel 26 Mrt
Elizabeth Benz 26 Mrt.
Cathleen Beukes 26 Mrt
Franciné Kotzé 26 Mrt
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 112 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *