ALI SE CHAKALAKA VISKOEKKIES.

Alida Schultz

EK IS BEVOORREG OM BY DIE SEE TE WOON EN MET ‘N WONDERLIKE VISSERMAN GETROUD TE WEES WAT GEREEL VARSVIS HUISTOE BRING. NET EEN PROBLEEM EK WEET NIE MEER WATSE RESEP OM TE MAAK NIE, TOE MAAK EK MY EIE EN MOET SÊ MET GROOT SUKSES.

BENODIGHEDE:
1kg gaarvis (enige soort, ek’t hotnotvis gebruik)
1/2 blikkie chakalaka (ek’t matig gebruik)
2 gaaraartapels (gevlok)
sout na smaak
2 eiers
olie vir braai
bietjie koekmeel om bolle in te rol.

METODE:
Meng net eenvoudig alles bymekaar, maak bolletjies, rol in koekmeel en bak in redelik diep olie teen matige hitte tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier. Geniet warm of koud, dis heerlik albei gevalle.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 322 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *