Efes 4V25

Donderdag 12 Maart 2015 Tema: My naaste en ek 4
****My eie woorde
**** Weet julle toe ek vanoggend hierdie gedeelte lees toe dink ek
indien ons land net hierdie paar reëls van God se Wet nakom is
80% van ons land se probleme weg. Dink daaraan as alle mense
altyd die waarheid sou praat, as niemand in hierdie land sou steel
nie en as daar nie vuil taal gespreek sou word nie. Wow ! In die
hemel gaan dit so wees en die bonus is dat ons in Jesus se
teenwoordigheid kan wees elke dag. Maak dit vandag ‘’n beginsel in
jou lewe om nie ‘’n leuen te vertel nie en om niks te neem wat nie
aan jou behoort nie. Onreg haal mens iewers in .
Efes 4V25 Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen
met sy naaste, want ons is mekaar se lede.26 Word toornig en
moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;
27 en gee aan die duiwel geen plek nie.28 Laat die een wat
steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy
hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel
aan die een wat gebrek het.29 Laat daar geen vuil woord uit julle
mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige
stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle
verseël is tot die dag van verlossing.31 Alle bitterheid en woede
en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word,
saam met alle boosheid.32 Maar wees vriendelik en vol ontferming
teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle
vergewe het.
Efes 5V1 Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders;
2 en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom
vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.
3 Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet
onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges
betaam;
Ps 25V4 HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.
5 Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil.
U verwag ek die hele dag.6 Dink, HERE, aan u barmhartigheid en
u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.7 Dink nie aan die
sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na
u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
GETUIENISSE en TERUGVOER
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas
dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 12 Maart2015
Hartlik geluk aan diegene wat vandag verjaar. Mag die Here jou
ryklik seën volgens Sy wil en wete tot eer van Sy Heilige Naam.
Geniet jou spesiale dag vandag!
Rose Visser 12 Mrt.
Willie Vermaak 12 Mrt
Karen Oosthuizen 12 Mrt
Piet le Roux 12 Mrt
Jy kan ook jou verjaardag datum stuur maar
hierdie is nie ‘n verjaarsdag diens nie, dis vir persone op die poslys.
Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 44 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *