Galasiërs 5:7

Maandag 23 Maart 2015 Tema: Wie staan in jou pad. 1
****My eie woorde
**** Dit gebeur soms dat ons die HERE voluit wil dien maar daar
kom mense op jou pad wat jou wil verhinder. Jy moet onthou Satan
sal enige iets of iemand gebruik om jou terug te kry in die wêreld en
dit wat die wêreld aanbied maar uiteindelik lê die keuse by jou .
Onthou altyd die smal pad is nie maklik nie maar uiteindelik die
moeite werd.Ons Hemelse Koning dra ons deur. Sterkte en genade
vir elkeen vir die week wat wag.
Galasiërs 5:7 Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om
die waarheid gehoorsaam te wees? 8 Hierdie oortuiging kom nie
van Hom wat julle roep nie. 9 ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele
deeg suur. 10 Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders
sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel
dra, wie dit ook mag wees.
Matteus 7:14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die
lewe lei, en daar is min wat dit vind.

Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
___________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 124 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *