Lukas 11:52

Dinsdag 24 Maart 2015 Tema: Wie staan in jou pad 2
****My eie woorde
****Hierdie is Jesus se woorde aan die predikante van daardie tyd,
hulle wat veronderstel was om die Skrifte te ken. Sê my kan ’n
predikant my en jou verhinder om by God uit te kom, of om te volg
waar die Here ons lei? Soveel keer wanneer mense in die Woord
dinge lees en dit maak nie sin nie, gaan hulle na die predikant want
hy moet mos alles weet en hy sal my nie verkeerd leer nie. Is ek en
jy seker daarvan? Die tyd het gekom dat ek en jy, en ja elke
predikant wat aan God toegewy is, op ons knieë en God se Woord
die saak sal uitmaak. Onthou toe Paulus, Saulus was, het hy God
se kinders om die lewe gebring en hy het werklik geglo hy doen
God ’n guns. Die priesters se harte was so verhard deur hulle werke
en hulle eie-ek dat hulle toegekyk het toe Jesus gemartel en
gedood is. Moontlik was hulle die eerstes wat geskreeu het “
KRUISIG HOM” “Maar wag” sê jy , “my predikant dryf duiwels uit in
die Naam van die Here….”.Wanneer ons voor die regterstoel van
God verskyn staan net ek en jy daar. Ja, as ons Jesus die eerste in
ons lewe gemaak het stap Hy saam met jou. As ander eerste was in
jou lewe …stap jy alleen.
Lukas 11:52 Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van
die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die
wat wou ingaan, het julle verhinder.
Johannes 8V38 Ek spreek van wat Ek by my Vader gesien het,
en julle doen ook wat julle by jul vader gesien het.
39 Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus
sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die
werke van Abraham doen;
40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand
wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het.
Dit het Abraham nie gedoen nie.
Matt 7v22 (NV)
22 Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in
u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en
deur u Naam baie wonders gedoen nie?’
23 Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie.
Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”

Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 87 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *