PEPERBIEFSTUK IN MOSTERDSOUS:

Betsanddele
4 skywe biefstuk (vet afgesny, om te verhoed dat dit omkrul)
30ml Franseslaaisous met knoffel en suurlemoensap
heel swartpeperkorrels
‘n bietjie sout
250ml beesvleisaftreksel
30ml brandewyn
10ml Dijon mosterd
‘n knippie suiker
125ml room of aangesuurde room
10ml mielieblom

Metode
Plaas die skywe vleis teenmekaar in ‘n glasbak. Giet die sous oor en marineer vir 8 uur lank in die yskas. Draai een maal om. Stamp peperkorrels in ‘n houtvysel. Laat die vleis kamertemperatuur bereik en haal uit die marinade, maar moet nie droog druk nie. Druk die peperkorrels aan albei kante van die vleis vas. Gebruik baie as jy van ‘n sterk gereg hou, of minder as jy net-net wil proe. Verhit ‘n groot braaipan, verkieslik ‘n kleefvrye pan, en verbruin vleis aan albei kante. Hou hitte op medium eerder as hoog en as dit wil aanbrand, voeg marinadesous by. Wanneer dit na jou sin gaar is, plaas in ‘n warm vleisskottel, strooi liggies sout oor en hou warm. Voeg aftreksel, brandewyn, mosterd en suiker in die pan en laat effens afkook. Roer goed totdat die mosterd opgelos is. Meng room met mielieblom en voeg by die mengsel in die pan. Roer tot sous stroperig en ‘n toffiekleur is. Meng sous wat deur die vleis gevorm is by, en giet die sous oor die vleis. Bedien dadelik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 173 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *