Psalms 146:3

Donderdag 19 Maart 2015 Tema: Vertrou Hom 4
****My eie woorde
**** Soms hoor mens mense sê : “As dit ‘n Christen is, dan wil ek
liewer nooit een wees nie.” My vraag is wat die Woord vandag vir
ons gee…op wie vertrou jy? Na wie kyk jy en aan wie meet jy jou?
Ons is almal sondaars, sommige is Wedergebore ander nog nie.
Om wedergebore te wees beteken nie dat ek nou volmaak is en
gearriveer het nie, dan sou ek soos Henog al in die hemel wees. 
Dit beteken dat ek ‘n keuse gemaak het om Jesus as my Verlosser
te aanvaar. Die woord “christen” het vir my waardeloos geword,
want as jy net glo dat daar ‘n God is met ‘’n Bybel iewers in jou huis,
noem mense hulleself Christene. Die duiwels glo ook en hulle
sidder. Om ‘’n Christen te wees is ‘’n verhouding met Jesus
Psalms 146:3 Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie
geen heil is nie.
Jeremia 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is
dit; wie kan dit ken?
Jakobus 2:19 Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo
dit ook, en hulle sidder.
Johannes 14:1 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God,
glo ook in My.2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as
dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle
plek te berei.3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek
weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek
is.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Fax2email 086-593-4848
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 154 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *