Psalms 49:6 (49:7)

Dinsdag 17 Maart 2015 Tema: Vertrou Hom 2
****My eie woorde
****Wat beteken dit om iemand te vertrou…regtig te vertrou.
Dis juis dat jy op iemand kan reken, kom wat wil. Dis daardie een
waarop jy te alle tye kan staatmaak, en dit is wie die Here vir ons is.
Wanneer dit lyk of jou wêreldjie in duie wil stort…onthou net dit,
God is en bly in beheer…vertrou Hom volkome! Hy sal jou nie
teleurstel nie al voel dit nie altyd so nie . Gevoelens is bedrog,
geloof is ek hou vas al voel ek nie so nie.
Psalms 49:6 (49:7) die wat vertrou op hulle vermoë en hulle
beroem op die grootheid van hulle rykdom?
Psalms 37:5 . Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom,
en Hy sal dit uitvoer;
Psalms 115:11 Julle wat die HERE vrees, vertrou op die HERE:
Hy is hulle hulp en hulle skild.

Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!!
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 125 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *