Rooibos-Ystee

Kan warm of koud bedien word

Bestanddele
1 liter water
3 sakkies rooibostee
½ koppie (125ml) suiker
1 koppie (250ml) lemoensap
½ koppie (125ml) pynappelsap
6 teelepels (30ml) suurlemoensap
2 ml heel naeltjies
1 teelepel (5ml) heel kardemom
1 stuk pypkaneel
3 vars roosmaryntakkies
4 vars kruisementtakkies
1 teelepel (5ml) gerasperde suurlemoenskil
1 teelepel (5ml) gerasperde lemoenskil
ekstra kruisement vir garnering

Metode
1. Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol en kook 10-15 minute
2. Laat afkoel en plaas in yskas
3. Giet die tee deur ‘n sif en garneer met vars kruisementblare
Genoeg vir 4- 6 mense

WENKE
1. Vries kruisementblare in die ysblokkies vir ‘n spesiale effek.
2. Maak ‘n ystee- roomysdrankie deur ‘n lepel roomys of sorbet in die yskoue tee te skep. Sit voor in teekoppies of lang glase.

KITSWENK
1. Maak 2 koppies (500ml) sterk rooibostee en laat afkoel.
2. Voeg 60ml vrugtesapkonsentraat by en vul aan met water of sodawater.
3. Geniet met baie ys of pak saam skool toe in. (Vrugtesapkonsentrate wat 50 persent sap bevat nadat dit aangemaak is, is ‘n goeie keuse kies geure wat nie wolkerig is nie, soos bessie of appelsapmengsels.)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 692 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *