Sampioen Brood

Hierdie is die oulikste kos storie wat ek al gehoor het. Een van my fens het dit aan my gestuur. Dit het my baie oorredings vermoe gekos om toestemming te kry om die storie te plaas.

As julle sulke oulikke stories het stuur dit asb aan my. My e-pos adres is net hier langsaan.

Jong, Mamma het my nie geleer kook nie. Kinders was onder haar voete, die dat ek eerder op die perd se rug was die hele dag of in die bos, veld en berg.

Ek was so 3 jaar getroud toe ek uiteindelik moed bymekaar geskraap het om ook te probeer brood bak. EK het vir niemand gesê ek kan nie, en my Ma kon sulke groot heerlike boere brode bak en almal het verwag dat ek ook moet kan.

Wel, die dag besluit ek dat ek die resepteboek gaan vat en probeer. Gonna man, ek het alles gedoen nes hulle sê, maar die goed wou nie rys nie. So teen middag het ek maar bes gegee en omdat my man erg was oor kos mors, het ek dit nie in die asblik gesmyt nie, want hy sou dit sien, toe gaan begrawe ek dit agter in die erf. Daar het hooi bale gestaan wat ons gebaal het vir die beeste en ek het geweet dat hy lang laas daar was, maar die middag laat kom hy van die myn af en hy loop toe wragtig bale toe. Ek het met angs gestaan en bid. Hy het skielik gebuk en ek kon sien iets puzzle die man erg.

“Gogga, kom kyk hierdie snaakse paddastoele wat hier opkom!” roep hy. Ek loop bedees nader en sien hy staan by my begrawe brooddeeg. Dit het begin rys, uitrys, en die grond het sulke korse bo-op gemaak en dit het inderdaad na vreemde reuse paddastoele gelyk wat daar wou opkom, maar hy het geweet en toe hy my gesig sien, bars hy uit van die lag. Ek het natuurlik so verleë gevoel dat ek skoon aan die grens gegaan het. Ek het alles uitgeblaker!

Hy het my goedig in sy arms gevat en my trane weg gesoen en saggies gesê “Dis ‘n begin, maar ek sal laat my ma jou leer brood bak.”

Ek kan tot vandag nie ‘n brood bak nie … nie boere brode nie … want elke keer as ek begin, dan dink ek aan daardie dag, dan maak ek eerder maar net vetkoek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 286 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *