Sjokolade (Sjokolade en Wat ??? Is jy Mal)

Wanneer ons mans so ‘n bietjie aan die verkeerde kant van ‘n vrou kom, en ons weet dit is ons skuld, dan gaan koop ons vinnig ‘n sjokolade om te sê ek is jammer. Jongmans het altyd ‘n sjokolade dingetjie saam gevat as hy gaan opsit. Ek weet nie meer of dit so werk in vandag se tyd nie. Daardie sjokolade het darem altyd gesorg dat jy so ‘n ekstra drukkie of soentjie ingekry het. Maar dit is nie ons wat die geheimenisse van sjokolade uitgevind het nie.

‘n Asteegse (Aztec) koning het sterk daaraan geglo dat sjokolade hom help om sy libido te verbeter. Hy het 50 klein “tot” of “sopie” glase verorber. Dit het skynbaar gewerk, want die man het nadat die kerse uitgeblaas was, stamina gehad, wat aangehou het tot die vroeë oggendure toe.

Vandag is die sjokolade meer vervynd en word in verskillende geure en smake verkry. Dit word in, om en bo oor enige iets gesit. Dink maar aan Chrunchies, Smarties en die Vrugte en Neute sjokolade wat mens kry. Dit is nie ongewoon om sjokolade in souse van kos te kry nie. Ek het eendag gesien hoe ‘n sjef, knoffel in botter braai, dan rissies byvoeg. Later het die sjef sjokolade bygegooi en die sous oor garnale gegooi. Volgens die mense wat die dis beoordeel het, was dit ‘n ongelooflike smaak sensasie.
Die Meksikane dink ook nie dit is snaaks om sjokolade in hulle vleis disse te gebruik nie en daar is ‘n paar resepte waar hulle sjokolade en hoender meng.

Sjokolade kom al ‘n lang pad en die sjokolade boon is tot al gebruik om te dien as ‘n betaalmiddel en vir ‘n vrou met losse sedes moes mens daardie tyd 2 sjokolade bone betaal. Die Spanjaarde was die eerste mense wat in die vroeë 1800’s soliede sjokolade gemaak het. Na hulle het die Nederlanders gevolg met hulle uitvinding van die vervaardiging van die sjokolade poeier. In Switserland het die mense die metode uitgevind om sjokolade stawe of blokkies te maak. Hulle het ook uitgevind hoe om melk sjokolades te maak.

In Europa is daar die goeie en medisinale kwaliteite van sjokolade opgeteken. Sjokolade bevat antioksidante, en verskeie navorsers beweer ook dat sjokolade tandbederf beveg. Donker sjokolade wat in matige hoeveelhede geëet word, kan van kanker to hart siektes help keer. Wanneer enige sjokolade geëet word gee dit ook die chemiese stof serotonin ‘n hupstootjie. Die chemiese stof kom in die brein voor en is verantwoordelik vir ‘n mens se gemoedstoestand. So is bewys dat sjokolade eters meer vriendelik is as mense wat nie sjokolade eet nie. Nou weet ek hoekom ek so vriendelik is…..

Nou by my subtitel – Sjokolade en Wat ??? Is jy Mal. Om na ‘n goeie en volgende vlak van ‘n smaak ervaring te gaan, probeer gerus om sjokolade en wyn saam te bedien. Dit klink nie lekker nie, maar ek kan u verseker dit is ‘n ervaring wat u lank gaan onthou. Hier is net so ‘n klein rigting wyser om u op u pad te sit. Melk en donker sjokolade (Albany) gaan goed saam met ‘n Cabernet. Die vrugte wyne wat deesdae so gewild is, gaan ok goed saam met ‘n donker sjokolade. Switserse sjokolade gaan weer goed saam met die soet tipe wyne soos die sjerries.

Vir my was dit ‘n wonderlike ervaring gewees om dit te probeer. Wanneer u die regte sjokolade en wyn keuses gemaak het, nooi u vriende uit vir ‘n drankie en sit aan hulle sjokolade en wyn voor i.p.v. kaas en wyn. Vir weke daarna sal u die “talk of the town” wees. Geniet die eksperiment.

(Visited 742 times, 1 visits today)
Advertisements
 

One thought on “Sjokolade (Sjokolade en Wat ??? Is jy Mal)”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui