Vier groot uie, 10 saliblare, 1/2 lb (250g) broodkrummels, 1 1/2 onse (42 g) botter, 1 eier, sout en peper. Skil die uie, sit dit in kookwater en laat stadig kook tot dit sag is. Voeg die salie vir ‘n paar minute by en kap dit dan saam met die uie fyn. Roer die brood, peper, sout, botter en die geel van die eier goed deurmekaar met die uie en salie.
(Visited 169 times, 1 visits today)
Advertisements