1 Korinthiërs 12:22-25

Austin Higgs

LENDENE.
1 Korinthiërs 12:22-25: “Inteendeel, die lede van die liggaam wat as die swakste voorkom, is juis noodsaaklik, en dié wat vir ons minder mooi lyk, klee ons met groter sorg. So word ons minder aansienlike dele besonder mooi gemaak, terwyl die aantreklike dele dit nie nodig het nie. God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra.”

Hierdie is vir my die oulikste stukkie in die hele Bybel, want mense lees gou daaroor en sien nie die erns daarvan raak nie.

Hier kom Paulus en probeer vir ons verduidelik dat almal in die kerk van Christus ‘n plek het en dat dit ‘n belangrike plek is. Hy sê dat al die dele van die liggaam mooi is en dat mens die deel – kom ons praat van die boude, dan het jy ‘n beter idee van watter deel ek praat – altyd mooier klee (aantrek).

Dink bietjie hoe belangrik is jou sitvlak of selfs al die ander dele wat mens toemaak. Mens kan nie sonder dit lewendig bly nie.

Nou moet almal van ons wat nie so belangrik voel nie, weet dat julle is die belangrikste ledemate/ lidmate in die gemeente, in jou wêreld, in jou huis, in jou gesin en in jou familie. Jy is nie verniet daar nie – maar ekskuus vir die gesegde: Al sê iemand jy’s nie eers iemand se agterent nie, dan sê jy of dink jy: Hulle kan tog nie sonder ‘n agterent klaarkom nie, pê-wê!!!

Dankie Vader dat maak nie saak wie ek is nie, dat ek weet dat ek ‘n belangrike ledemaat in U kerk is waarsonder hulle nie kan klaarkom nie. (Wys dit dalk net vir hulle ook!!!) Dankie dat U my so goed verstaan in Jesus Naam. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 79 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *