AARTAPPELS IN KERRIEMARINADE

750g aartappeltjies

Kook die aartappeltjies in soutwater vir 10-15 minute of totdat hulle byna sag is.

MARINADE
20ml kookolie
1 groot ui, fyn gekap
2 huisies knoffel, fyn gedruk
25ml matige kerriepoeier
5ml gemaalde borrie
1 rissie, ontpit en gekap
2-3 suurlemoen- of lourierblare
15ml vars gemmer, gekap
30ml appelkooskonfyt
125ml wynasyn
125ml hoenderaftreksel
5ml mielieblom

Metode
Verhit die kookolie in ‘n swaarboomkastrol, voeg die ui en knoffel by en braai totdat die ui deurskynend is. Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai vir nog 2 minute. Dreineer die aartappels en voeg by die marinade. Kook vir nog 5 minute of totdat die aartappels sag is. Pak die aartappels in ‘n opdienskottel. Steek peuselstokkies in die aartappels. Maak ‘n pasta van die mielieblom en water en voeg by die marinade. Roer aanhoudend. Kook vir nog 1-2 minute totdat die marinade dik word. Gooi in ‘n klein doopbakkie en bedien as ‘n doopsous saam met die aartappels. Bedien 6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 112 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *