AARTAPPEL EN ANSJOVISGEREG

Aartappels floreer in ‘n koue klimaat en Skandinawië is die bron van vele wonderlike aartappelgeregte. Hier is ‘n klassieke Sweedse gereg van aartappels, ansjovis en uie wat in room gebak word alte verleidelik en smullekker.

Bestanddele
50g botter (55ml)
2 groot uie, in dun skywe gesny
1kg aartappels, geskil
2x 55g blikkies ansjovisfilette, in olie en gedreineer
varsgemaalde swart peper
450ml room

Metode
Smeer ‘n vlak, oondvaste skottel met ‘n bietjie van die botter. 2. Smelt helfte van die oorblywende botter in ‘n pan en soteer die ui tot sag en deurskynend. Sny die aartappels in dun skywe. Pak laag vir laag aartappel, ui en ansjovis in die oondskottel (begin en eindig met ‘n laag aartappels), geur met varsgemaalde swart peper tussen die lae. Stip die gereg met die oorblywende botter.

Bak in ‘n voorverhitte oond teen 190C vir 10 minute. Verwyder uit die oond en giet helfte van die room oor, plaas die gereg terug in die oond en bak ‘n verdere 10 minute. Giet die oorblywende room oor en bak ‘n verdere 20-30 minute of totdat die aartappels sag en goudbruin is. Bedien 6-8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 127 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *