Appeltert met sultanas

Bestanddele
125ml margarien
125ml suiker
1 eier
knippie sout
250ml bruismeel
125ml melk
1 blik tertappels, fyn gesny
hand vol sultanas
kaneelsuiker

Sous
37,5ml gouestroop of heuning
37,5ml margarien of botter

Metode
Voorverhit die oond tot 190°C. Room die margarien en suiker en klits die eier by. Voeg die sout en meel om die beurt met die melk by. Skep die helfte van die deeg in ‘n gesmeerde bakskottel. Pak die tertappels op die deeg. Strooi die sultanas en kaneelsuiker oor en skep die res van die deeg bo-op. Bak ongeveer 30 minute tot goudbruin. Smelt die stroop of heuning en margarien of botter goed saam en giet kokend oor die tert sodra dit uit die oond kom.

Variasie
Gebruik 1 blik fyngemaakte pynappel in plaas van die tertappels.

(Visited 191 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui