Berei self Hobs suurdeeg

Hobs suurdeeg verseker ‘n klammer brood wat langer vars bly.

Bestanddele
4 aartappels
12.5ml Hobs
250 ml suiker
250ml koekmeelblom
12.5ml sout
250ml ou suurdeeg

Metode
Sny die aartappels in skyfies en kook in 1 liter water tot sag, druk fyn. Kook hops in 2 liter water vir 10 min. Druk deur fyn sif en laat afkoel tot lou. Voeg suiker, meel en sout en ou suurdeeg by die aartappelwater. Voeg hopswater by. Laat staan en rys. Bêre in yskas. Gebruik 250ml suurdeeg vir 3kg meel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 698 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *