Geroosterde Varkfilet met ‘n beet- en pruimsous

Bestanddele
2 varkfilette
35 ml Willow Creek olyfolie
1 suurlemoen se sap en skil
1 rooi rissie
1 ui, fyn gekap
2 groot pruime, fyn gesny
125 ml fyn gerasperde beet
30 ml bruinsuiker
30 ml asyn
1 cm gemmer, fyn gekap

Vir die Koeskoes:
200 g Koeskoes
200 ml kookwater
3 ml sout
2 radyse
100 ml feta
6 kruisementblare
Handvol basiliekruidblare
Metode:
Vryf die varkfilette met 15 ml olyfolie, die rooi rissie, suurlemoensap, sout en peper en laat staan vir ‘n wyle. Verhit ‘n pan en braai aan alle kante tot bruin. Plaas dan in ‘n voorverhitte oond vir ongeveer 10 tot 12 minute teen 200 grade celcius .

Om die sous te maak:
Braai die ui en knoffel in die orige olyfolie tot deurskynend. Gooi die pruime en beet by en braai tot die vrugte begin sag word. Voeg dan die gemmer, suiker en asyn by en laat prut tot die sous gereduseer het. Gooi sout en peper na smaak oor.

Vir die Koeskoes:
Gooi die kookwater oor die koeskoes en laat staan vir 5 minute. Roer dan liggies met ‘n vurk om dit los te maak. Sny die radyse en skeur die kruie en meng dit met die koeskoes. Gooi die feta in en meng. Bedien dadelik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 131 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *