Hebreërs 4:12

Austin Higgs

GEWRIGTE.

Hebreërs 4:12: “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.”
En
Kolossense 2:19: “Uit Christus groei die hele liggaam, ondersteun deur die gewrigte en saamgebind deur die spiere, soos God dit laat groei.”

Hierdie twee dele praat van die gewrigte as ‘n baie belangrike deel van mens se AANMEKAAR wees. Dit wil sê dat iets hou die liggaam aanmekaar. Of dit nou die kerk – die liggaam van Christus of ons eie lyf is, die gewrigte is baie belangrik en dit verleen beweging en buigbaarheid en stel die liggaam in staat om te lewe.

Maar dis in hierdie bewegende dele waar die Woord kom en sê, bly tussen die grense. Die Woord skei tussen siel en gees en gewrigte en murg. Kyk, dan is dit nog weerskante toe, dis nie net eenkant toe nie; dit is nie net te sondig nie, maar ook te heilig (of dan nou skynheilig) die Woord is die aanduider waarmee ons besig is.

Maar die tweede vers wat hier uit Kolossense kom wys bietjie vinger, want hier staan dat die kerk groei uit die Bron wat Jesus is en dat die gewrigte ondersteuningswerk moet doen. Dit is dus ‘n vingerwysing vir leiers in die gemeentes wat werk en wat deur ander as rolmodelle gesien word. Onthou jy ondersteun die werk van die Here en die eiendom van die Here en jy word ook getoets. Jy doen die buigwerk aan die liggaam van die Here – die kerk, en jy help met die vat en die los en die loop en die balanseer en die beweeglike voorkoms van ‘n liggaam waarna die wêreld kyk en waarin die wêreld die Here wil sien werk.

Jesus, mag ek die verantwoordelikheid van leierskap aanvaar en help my om ‘n leier te word soos U was. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 112 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *