Lydia Gerber
Bestandele:
4 Eiers
10 ml Bakpoeier
250 ml Suiker
30 ml Botter
375 ml Koekmeel
2 ml Sout
60 ml Melk
5 ml Vanielje
5 ml Koffie 60 ml Water
Metode
Klits suiker en eiers tot liggeel, voeg sout by. Smelt botter in melk saam met water en vanilla. Sif droë bestandele en meng met eier mengsel. Voeg botter mengsel by en meng goed. Strooi laastens die bakpoeier oor en vou in. Bak in matige oond (190˚) vir 15 Min.
Koffie Stroop
180 ml Suiker
45 ml Brandewyn
375 ml Water
5 ml Vanilla
30 ml Koffiepoeier
Metode
Kook saam vir 5 min Oppas vir Oorkook, Steek gate in Warm Tert met vurk en gooi
stroop oor. Laat staan om af te koel.
Bolaag
Kondensmelk (Karamel Treat van Nestle Filling and topping)
Smeer eerste die Karamel Kondensmelk oor die koek
Roomlaag
1 Pakkie Karamel Kitspoeding
1 Koppie Melk
1 Koppie vars Room
Metode
Klits een → Pakkie Karamel Kitspoeding saam met → 1 Koppie Melk. Laat staan om te Stol. Klits → 1 Koppie Vars Room styf, en klop dan die → Gestolde Poeding by. Skep bo-oor Tert. Strooi een Flake chocolate oor.
Wil graag resepte ontvang
Jy sal vandag jou eerste resepte ontvang
Ek is life vir bak en kook en sal ook graag resepte wil ontvang , baie dankie
Goeie More. Welkom. Jou naam is op ons andreslys geplaas.