Magiese Melkkos (genoeg vir 4)

Bestandele
2 k koekmeel
1/4 t gemaalde kardemom
Knippie naeltjies
¼ t gemaalde kaneel
Knippie sout
2 t bakpoeier
3 E botter
2 L melk
125 g suiker
1 E botter

Metode
Meng die koekmeel met die speserye, sout en die bakpoeier. Vryf die botter met jou vingerpunte liggies deur die meelmengsel totdat dit oneweredige frummels vorm. Verhit die melk totdat dit amper kook, draai die plaat laer, voeg die suiker by en roer dan die frummels bietjie vir bietjie by en laat stadig kook totdat dit dik en gaar is.Roer voor bediening die res van die botter deur die melkkos en sit voor met ekstra kaneelsuiker.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 275 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *