Mattheus 6:13:

Austin Higgs

LEER ONS BID – EN LEI ONS NIE IN VERSOEKING NIE.

Mattheus 6:13: “En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose…”

Omdat ek ‘n mens is met ‘n sondige natuur, sal ek dwing om gehoor te gee aan die sonde, aan versoekings. Paulus waarsku ons immers dat, toe ons ons lewe aan die Here oorgegee het, het ons die sondige natuur afgesterwe. Maar dit is iets wat nie so maklik is nie. Jy kan dit nie afskakel soos ‘n lig nie. Dit is iets waaraan jy gedurig moet werk. Om ‘n heilige lewe aan God afgesonder te lewe.

Nee, nie ‘n “bible puncher” nie. Hierdie soort ou gee dikwels voor dat hy is en hy is nie! Jou strewe moet wees om te wees soos Jesus. Daarom sê Paulus ook in 1 Korinthiërs 10:13 dat die Here jou toerus met die krag om versoekings en beproewings te hanteer. Maar net in die krag wat Hy jou gee, nie in jou eie krag nie. Lees ook Sagaria 4:6. Die Here sê vir Serubbabel dat hy niks sal vermag deur sy eie krag en geweld nie, maar deur die krag van die Gees. Dit is ook op jou van toepassing.

Jy sal niks regkry deur jou eie krag nie. Jy sal sukkel om versoekings te weerstaan. Totdat jy besef dat jy krag het wat uit ‘n onuitputlike bron kom. Dan kan jy ook die Bose weerstaan en sê: ek is verlos van jou, Bose, deur die krag van die Heilige Gees wat die Here my gee. En aanhou gee.

Nou kan ek die gesindheid van Jesus in my lewe laat skyn. Deur Sy krag. Nie my eie wil, krag of geweld nie.

Dankie Here, dat ek weet dat die versoekings en beproewings van die regverdige menigvuldig is, maar dat U hom deur dit alles dra en versterk in U krag.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 77 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *