Probleme ~ Deel 1

Het hierdie van Joey ontvang. Deel 2 sal volgende week volg.

By werk gaan dit erg, koue skouer en doen als skielik verkeerd, my kar gaan paar dae staan hy’t gebreek. My bome en plante wat ek geplant het honde uitgegrou. Ek kan nie ver loop nie my knie net te eina. Die hoofpyne en gewrigte, voel of alles te swaar is om optetel en elke gewrig eina, ai Hoekom Ek? Hoekom al my finansies op medikasie spandeer, as ek reg probeer lewe. Wil God in ‘n siek Tempel bly? Waarom straf die Here my? Ek wens ek was soos die een of daai een. Kyk hoe lekker lewe hy of sy.

‘n Kort kykie na paar mensies se lewens wat ek ken. So kan jy in jou eie lewe kyk na mense wat jy ken! Dalk ken jy van die mense. Geen name word genoem nie omdat elkeen sy eie pakkie dra.

Een vrou ry na werk tel haar kinders op en mis die draai. Die kar rol, een kind val uit en kar rol oor kind. Opslag dood. Ander kind verloor gehoor en arm en been en sig
Hoe lewe sy met die verwyte ekt my kind van 4doodgemaak en seun van 8 vermink.

Egpaar het twee kinders. Dis genoeg, verloor beheer, altwee kinders opslag dood. Vrou het bestuur neem ha lewe. Man bly alleen agter.

‘N vriendin naby pensioen, bid aaneen vir lewensmaat, sy al +35jr alleen, kinders in kaap slegs een dogter naby en sy gay. Gesonde vrou kry hartaanval, bloedklont in long, kry virus en was die jaar so min by werk. Sy bly siek. Al bly sy in Woord kan sy nie God se liefde ervaar nie. Sy onthou nie wat sy lees nie.

Ek kry ‘n sms ‘n vriendin lê op ha sterf bed met kanker. Sjoe dis erg skielik kan my probleme minder word. Om ‘n geliefde so te verloor, of om self daar te lê, watse pyn is dit? Die wete die lewe is verby. Niks wat ek bymekaar gemaak het beteken iets nie.

‘n Vriendin se kinders maak asof sy nie bestaan. Soveel drama en hul werk so hard, maar geen koppie koffie of besoek om te sê: ma jys spesiaal nie. Geen oproep van kinders. Sjoe tussen so baie en tog so eensame pad. Waterpype lek en dreine gee probleme. Die werkers sal herstel. Syt als wat haar hart begeer in 2store toe gesluit. Sy lewe in n plek waar jy in jouself vasdraai. Sy lewe in huis arres. Kan nie eers behoorlik uitgaan nie. Hoe moet so ma dit kan cope?
Iemand moet van werk afvat en dr gaan sien met gewas in oor, daar wag ‘n operasie. Vir ‘n tweede keer al die spanning deurgaan. Hy is besig en broodwinner en al die onsekerheid en vrae. Waarom hy wat so lief is vir die Here. Waarom moet hy die pad stap?

Iemand moet tussen werk alles inpas. No work-no pay. Ouers moet versorg word. Op en af tussen drs en apteke. Die taak as vrou, huisvrou en werkende vrou vereis harde werk en baie spanning en al is gees sterk is die liggaam moeg en uitgeput. Die liggaam kan net soveel vat.

Iemand se ouers siek en sukkel, oom met een been, en gehoor probleem, die tannie moet knie vervanging kry, die galblaas moet uit. Hul woon in huisie en het sorg en hulp nodig. Die dogter moet op en af.

‘n Vrou ongetroud, enkel ouer se seun 8jr wil selfmoord pleeg. Hy weet nie hoekom nie. Telkemale probeer. Die dogtertjie bly siek en in en uit hospitaal. Finansies skraps. Geen medies.

Nog ‘n vrou soek verblyf haar vriend saam wie sy bly se kind tiener en dryf haar die mure uit. Sy soek raad en buitekamer.

Nog ‘n vrou leer saam haar vriend vir pastoor, hul doen als saam en geen, Verlowing of troue in sig nie. Sy moedeloos gewag staan in bediening en lewe buite God se wil vir haar lewe. Kan een vrou goed wees vir sekere dinge en geen sekerheid oor toekoms kry nie.

Ek kry ‘n sms van ‘n vrou, haar man bring ‘n swart vrou by huis aan en sy soek haar betaling. Die vrou moet swart vrou bt omdat haar man saam haar geslaap het.
Die kind gebruik drugs, steel als en leen op haar naam by almal geld vir kos en koop drugs. Hoe dood moet so mamma wees? Hoe bemoedig jy haar? Daar 3kinders in huis en skoonseun, en baba oppad.
Sy is huisvrou, ma vrou en nuwe bekeerling en dis hoe die lewe haar behandel. En ek dink aan my pakkie probleme!

Sjoe hoe moet ek my klein pakkie probleme met enige van die mense ruil?
Wat sou ek doen in die verskillende gevalle?
Sou ek in een van hul skoene wou staan vir ‘n dag? Ons kan aangaan.

Dan lees ek ‘n Email wat ek verkort het om met jou te deel. Dit gaan oor die pad wat God die Israeliete vat, uit slawerny(sondige wereld) na die beloofte land(ons eindbestemming/die Hemel).

Weet jy ons was ook in slawerny van die wereld en ons nou oppad na die beloofde land, maar elkeen loop die pad. Die woestyn pad maak jou moeg seer en geen bome of strand. Jy pak als wat jy het en dra dit saam. Geen Pep of Edgars nie. Geen KFC of Dischem, Google of emails, fone nie. God is by jou al voel jou probleme net te veel. 40Jr sonder lang Radox bad, sonder nuwe klere, werk salaris, in gevaar van wilde diere en slange. Al is jou pyn ondraaglik en die nagte hoe donker. God loop saam jou, jy sal taf he om smal weg te loop. Die beloofde land wag dalk net oor die volgende sand hoop. Dalk nog 10km of 100km. Wie weet wanneer jy in jou lewe die beloofde land ingaan? Hoekom is die pad soooooo lank moeilik en seer om te stap?

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 161 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *