Psalm 25:15-20

Austin Higgs

“Vrees God en gee aan Hom die eer, want die tyd het aangebreek vir Sy oordeel. Aanbid Hom wat die hemel en die aarde, die see en die waterbronne gemaak het” (Openbaring 14:7). Is dit nie ironies nie? Ons onthou om aan die Here se beloftes vas te hou waneer ons swaarkry. Dan vertrou ons nie op ons eie goedheid nie. Ons raak gewoond aan ons seëninge. Wanneer hulle dan ophou, kom ons eers agter wat ons alles ontvang het, en Wie dit vir ons gegee het. (Max Lucado)

STUKKEND GEBREEK OM TE RED.

Psalm 25:15-20: “Ek verkeer in die allergrootste nood; bevry my tog uit my ellende” (vs. 17).(1983 Vertaling)

‘n Boer het gesien ‘n voëltjie maak haar nessie in ‘n hoop afgekapte takke. Hy het die voëtjie verjaag en die nessie gebreek. Die volgende dag het die voëltjie weer daar ‘n nessie probeer bou. Die boer het die nessie weer opgebreek. Die voëltjie het opgegee en haar nessie in ‘n boom naby die huis gaan bou. Die boer was nie wreed nie. Hy het geweet wat met die hoop takke gaan gebeur. Lank voor die voëltjie se eiertjies uitgebroei was, is die hoop takke verbrand.

Dikwels verstaan ons nie hoekom God ons planne en pogings verydel nie. Hy sien verder as ons. Hy weet wat vir ons die beste en veiligste is, al verstaan ons dit nie. Josef het nie verstaan hoekom hy in die tronk gegooi is nie. Moses se ma het nie begryp hoekom sy haar seuntjie in die rivier moes laat nie. Daniël het nie verstaan hoekom hy in die leeukuil beland het nie en sy drie vriende het nie verstaan hoekom hulle in die brandende oond gegooi is nie.

Gaan jy deur ‘n beproewende periode? Is jou verhouding met die Here reg? Laat jou nood dan in Sy hande rus. God kan altyd vertrou word. “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle” (1 Petrus 1:7).

Here, vandag laat ek my sake met vertroue in U hande, in Jesus Naam.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 87 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *