Rösti met spek

Rösti (’n Switserse gereg) is ’n plat, aartappelkoek wat van gerasperde aartappels gemaak word. Dit word aan beide kante in botter gebraai tot goudbruin en voorgesit as bykos of ’n ligte ete.

Spekvleis-en-knoffel-rösti met avokadosalsa

1kg aartappels (medium grootte)
150g botter
125g spekvleis (gekap)
1 ui (gekap)
2 huisies knoffel (fyngemaak)
3 groot aartappels
100g botter
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode

Kook die ongeskilde aartappels tot gaar. Laat afkoel en skil af.
Rasper die aartappels op die growwe kant van die rasper.
Smelt 100g botter in ’n braaipan oor matige hitte. Braai die ui tot deurskynend en voeg die spek by. Braai vir nog 3 – 4 minute en voeg die mengsel by die gerasperde aartappels. Roer versigtig deur. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Smelt weer 20g botter in die pan en versprei die aartappelmengsel oor die bodem van die pan. Druk effe vas met ’n spaan en braai oor matige hitte vir ongeveer 8 minute.
Plaas 20g van die orige botter in die middel van die aartappelmengsel. Plaas ’n groot bord oor die aartappel en keer die rösti daarop uit sodat die bruingebraaide kant bo is. Laat gly die rösti weer terug in die pan en braai weer vir 6 – 7 minute.
Plaas rösti op ’n verhitte dienbord en bedien dadelik met avokadosalsa.
Plaas die gebraaide sampioene op die rösti. Bedek met gesnyde kaas en plaas onder die oondrooster sodat die kaas kan smelt.
Bak die eiers in ’n pan en rangskik bo-op die rösti (opsioneel)
Bedien dadelik met ’n groenslaai.
Avokadosalsa

3 ryp avokado’s (geskil en in blokkies gesny)
vars suurlemoensap
80ml pietersielie (gekap)
2 piekelkomkommers (gekap)
1 klein ui (gekap)
1 rooi soetrissie (klein blokkies gesny)
15ml gekapte vars oreganum of marjolein
sout en varsgemaalde swartpeper
2ml tobasco-sous

Metode

Meng al die bestanddele vir die salsa saam.
Bedien rösti, in skywe gesny, met salsa en groenslaai.

Variasie vir ontbyt:

Laat die knoffel weg uit die rösti en bedek met ’n laag gebraaide sampioene.
Bak of posjeer 4 – 6 eiers en rangskik bo-op die sampioenlaag.
Bedien as ’n spesiale ontbyt met gebraaide tamatie in plaas van die salsa.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 517 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *