Handelinge 3:16

Austin Higgs

“Dié God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei” (Psalm 48:15). Jy het niemand nodig as tussenganger tussen jou en God nie. Die Bybel is daar vir elke mens. Die evangelieboodskap is eenvoudig. ‘n Mens kan dit verstaan. Jy moet net toelaat dat die here self jou Gids is wat jou lei. (Max Lucado)

BENE.

Handelinge 3:16: “Deur die geloof in Sy Naam het Hy die bene van hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak. Die geloof wat van Hom kom, het die man volkome herstel, hier voor julle almal.”

In Openbaring is daar ‘n vers wat my laat dink aan die groot krag van mens se bene. Openbaring 10:1: “Toe het ek ‘n ander engel, ‘n sterke, uit die hemel uit sien afkom. Hy het ‘n wolk om hom gehad en ‘n reënboog bokant sy kop. Sy gesig was soos die son en sy bene soos vuurpilare.”

Ek het vir ‘n ruk liggaamskragbou-oefeninge gedoen en agtergekom ‘n mens se bene is geweldig sterk. Ek het nou opgehou en het die lekkerste boepmagie. Maar ek sê dit om aan te dui dat my maag nou die ekstra gewig word wat my bene dra.

Een oom wat daar oefen pak die beenoefen-apparaat vol met al die gewigte. Hy sit selfs gewigte op plekke waar daar nie eers penne is om dit te pak nie. Toe ek dit tel sien ek dis amper 650kg. Ek dog toe ek wil die spul sien en hier begin hy en stoot dit uit asof dit ‘popcorn’ is. Hy sê hy het net eenvoudig nooit opgehou oefen nie en was op die stadium 63 jaar oud.

Dink net, as ek 650 kg kan weeg, dan kan ek ook soontoe gaan en dan onderstebo lê en 650kg uitstoot met my bene, want hy dra dit mos dan elke dag! Ha ha ha, nee, dis net om te wys dat ons bene ons liggame dra en ons pak in en op hierdie liggame ‘n klomp goed, wat ‘n drastiese impak op ons kan hê.

‘n Baie liewe vriend van my is verlam in ‘n rolstoel en weet wat dit beteken om die gebruik van sy bene te moes prysgee. Nogtans bly hy positief en is baie lief vir die Here en leef in afhanklikheid vir alles van die Here.

In ons gelese deel is ‘n mens wat al van geboorte af lam was en Petrus kom en spreek hom aan en hy word genees. Vir selfs die sterkste spier in jou liggaam kan die Here deur jou, of iemand anders, ‘n hele nuwe lewe gee.

Maar gaan op ‘n dieet en raak ontslae van al jou laste en moenie dat jou bene so swaar hoef te werk nie.

Dankie, Jesus, dat U mens was en verstaan wat laste is. Help my met my dieet, soos U self gesê het: U juk is sag en U las is lig. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 94 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *