Appelkose en Volstruis boerepastei

Bestanddele
Genoeg vir 6 persone
250 ml gedroogte appelkose, fyn gekap
160 ml rooiwyn
1 ui
5 ml komyn
5 ml koljander
2 ml rooipeper
2 ml sout
500 g volstruismaalvleis
4 groot aartappels
50 g botter
100 ml room/melk
sout en peper na smaak

Metode:
Gooi die appelkose in die wyn en kook tot dat dit sag is. (ongeveer 5 minute). Kap die ui fyn en braai in 15 ml olyfolie saam met die komyn, koljander, rooipeper en sout. Gooi die maalvleis by en braai tot amper gaar (5 minute). Plaas in ‘n oondbak (vul dit 2/3 vol).

Maak die kapokaartappels:
Skil die aartappels en kook in soutwater tot sag. Druk die aartappels fyn saam met botter, room, sout en peper. Skep bo-op die vleis in ‘n oondbak en bak teen 200 grade vir ten minste 15 minute. Bedien met vars koljanderblare en blatjang.

Pruim blatjang:

Bestanddele
6 pruime, vyn gekap
60 ml suiker
100 ml water
2 rooibosteesakkies
50 ml asyn

Plaas al bestanddele in ‘n pot en kook totdat dit taai word. Verwyder die teesakkies voor jy dit bedien.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 218 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *