BROEK EN BAADJIE AARTAPPELS

Bestanddele
6 aartappels
37.5ml olie
sout na smaak
100ml roomkaas
75ml bloukaas slaaisous
50g Blaauwkrantz kaas, gerasper

Metode
Skrop aartappels indien nodig, prik met vurk, bestryk met olie en sprinkel sout oor. Draai elke aartappel afsonderlik toe in bladfoelie, braai 45 minute lank oor warm kole of in ‘n matige warm oond (180C) tot sag en draai af en toe om. Meng roomkaas en slaaisous, maak ‘n kruis bo-in aartappels met ‘n skerp mes, druk versigtig oop en skep roomkaasmengsel bo-op. Sprinkel kaas bo-oor. Bedien 6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 415 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *