Eksodus 33:12-17

SOEK VREDE.

Eksodus 33:12-17: “Toe het die Here gevra: ‘Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?’ Toe het Moses vir Hom gesê: ‘As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie'” (vs. 14,15).

Na ‘n man se aftrede in die 1980’s, het hy en sy vrou, uit vrees vir ‘n kernoorlog, ‘n studie gemaak van al die bewoonbare plekke in die wêreld. Hulle wou ‘n plek van vrede en sekuriteit en ook gerief hê. Hulle het so wyd moontlik opgelees en dan gereis en gaan kyk. Nuwe bronne geraadpleeg en weer gaan kyk. Uiteindelik het hulle DIE PLEK gekry. Hulle het van hulle nuwe veilige tuiste in die Falklandeilande vir hulle vriende kaartjies gestuur. Hulle het te gou gepraat. Nie lank na hulle intrek daar nie, het die sg. Falklands War, die oorlog tussen Engeland en Argintinië oor beheer van die eilande, uitgebreek. Hulle vredesoord het ‘n gevegsterrein geword. Eerw. David A. Sargent, wat hierdie storie in sy internetprogram vertel, merk op: “There is not a place in the world where one may find perfect peace.”

Daar mag lande of streke wees waar daar tans nie oorlog gevoer en geveg word nie, maar oral is dreigende spanning en botsings – tussen rassegroepe, in die werkplek, met die bank, met skuldeisers, met bure, met familielede en ook in ‘n mens se eie hart met jouself. “Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê, maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Johannes 16:33). David Sargent skryf: “A perfect peace is ours, not because of the absence of trouble, but because of the presence of God! Not the absence of conflict on the outside, but an inner calm within the individual.” Vrede in die midde van die storm. “It is based on trust in a God who cares and provides for His children.” In Lukas 12:22-32 belowe Jesus beskerming en versorging, wat God soos ‘n Vader, aan Sy kinders gee: “Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie…julle moenie besorg wees nie… julle het ‘n Vader wat weet dat julle dit nodig het.” David Sargent voeg by: Jesus Christ died on the cross so that YOU and I might have THAT peace. Through His death, burial, and resurrection, Jesus conquered the number one problem that keeps us from having peace: SIN.

Die geheim van vrede? God se nabyheid. Dit was Moses se wysheid om te weier om ‘n voet te versit tensy hy die versekering van God se nabyheid het. Ons ervaar God se nabyheid deur Jesus se koningskap in die hart. Jesus se koningskap volg as ons nie die Heilige Gees weerstaan nie, maar Sy werking in ons soek deur gebed en Bybelstudie en omgang met ander kinders van God.

Here, vandag begeer ek dat U naby my is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *