Hoenderlewer in tamatiesous

HEERLIK!! Bedien met vars gebakte brood of pasta

Genoeg vir 6

Bestanddele
1 blik MIAMI Tomato & Onion Mix
1 blik Miami Tomato, Garlic, Basil & Origanum
2 knoffelhuisies, fyngekap (of 10ml gebottelde knoffel)
120ml rooiwyn
30ml suurlemoensap
5ml gemengde droƫ kruie
15ml suiker
Sout & varsgemaalde swartpeper
20ml botter
30ml olyfolie
500g hoenderlewers

Metode
Berei tamatiemengsel:
Meng die tamaties, knoffel, rooiwyn, suurlemoensap, gemengde kruie en suiker in jou versapper tot fyn, geur met sout en peper. Gooi mengsel in kasserol en prut tot meeste vloeistof verdamp en sous dikker is.

2. Terwyl die tamatiemengsel prut, verhit botter en olyfolie saam Kap die hoenderlewers kleiner en braai in olie vir sowat 5 minute. Sodra tamatiesousmengsel lekker dik is, voeg hoenderlewermengsel daarby en bedien.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,354 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *