Johannes 6:1-15 ~ ‘N SWAK WERKTUIG SE KRAG.

‘N SWAK WERKTUIG SE KRAG.

Johannes 6:1-15: “Hier is ‘n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies; maar wat is dit vir so baie mense? Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel aan die mense… (vs. 8,10).

Die uitgesproke ongelowige, William Hone, het op ‘n dag ‘n seuntjie met groot aandag sy Bybel sien lees. “Hoekom mors jy jou tyd met daardie nuttelose boek?” vra Hone. Die kind het kinderlik, beleefd geantwoord: “Dit is al wat my siek moeder kan troos, Meneer. Ek soek ‘n deel wat ek vanaand vir haar kan lees as sy nie kan slaap nie.” Diep geraak het William Hone besluit om self die Bybel te lees. Dit het tot sy bekering gelei. Voor in sy Bybel het hy geskryf:

The proudest heart that ever beat,
hath been subdued in me;
The wildest will that ever rose,
To scorn thy cause or aid thy foes,
Is quelled, my God, by Thee.

Watter krag het ‘n kind teenoor ‘n wêreldwyse en geleerde man? Dit is nie ‘n mens se eie krag of invloed wat ‘n ander mens tot bekering kan bring nie. Dan sou net buitengewone mense vir die Here bruikbaar wees. Dit is Christus se eie krag wat deur Sy Heilige Gees, deur die persoon wat Hy as Sy instrument gebruik, werk om iemand se hart te bereik. “Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom. Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid of welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees” (1 Korinthiërs 2:3,4).

Here, vandag vra ek dat U, met U krag, deur my werk, in Jesus Naam.

volg deur die man met ‘n baba in sy arms en trane wat oor sy wange stroom.
Al snikkende sê die man vir hom dat hulle nie meer geld gehad het om vir die baba melk te koop nie, en dat hy en sy vrou sopas gebid het en vir die Here gevra het om ‘n engel met kos vir die baba te stuur. “Is jy ‘n engel?” vra die man hom. Die jong man haal sy beursie uit en gee al sy kontant vir die behoeftige gesin en ry dan met ‘n jubeling in die hart en trane in die oë huistoe .

Of dit ‘n ware verhaal is? Ek weet nie. Maar dit illustreer dat God enige manier kan gebruik om met jou te praat. Hou jou ore oop vir die stem van die Heilige Gees.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 83 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *