KNOFFEL AARTAPPELS

Bestanddele
3 groot aartappels
3 groot uie
5ml sout
80ml sagte margarien
250ml pietersielie (fyn gekap)
80ml knoffel, fyn gekap
1ml peper
125ml kookwater

Metode
Stel die oond op 220C. Skil die aartappels en uie en sny dit in skywe van 1cm dik. Rangskik lae aartappel, uie, pietersielie, knoffel, sout en peper in ‘n gesmeerde oondskottel met ‘n inhoudsmaat van 1.5liter. Stip die margarien bo-op. Gooi die kookwater oor. Plaas deksel op en bak 25 minute in voorverhitte oond. Haal deksel af en bak dit nog 5 minute lank.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,525 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *