Mulligatawny (Kerriesop)

Bestanddele
450g maer skaap- of lamsvleis (maer nekstuk is geskik)
soutwater
2 groot uie, in skywe gesny
1 geelwortel, in skywe gesny
1 klein kookappel, in skywe gesny
15ml braaivet of botter
10ml kerriepoeier
30ml koekmeelblom
1.4 liter koue water
140ml melk
paar druppels suurlemoensap

Metode
Week vleis 1 uur lank in soutwater. Sny groentes en appel in skywe. Droog vleis af. Smelt vet in kastrol en braai vleis effens bruin. Haal vleis uit en sit groentes en appel in kastrol, smoor 3 – 4 minute lank.

Voeg kerriepoeier by. Belangrik: Kerriepoeier word eers 2 – 3 sekondes lank gebraai om dit gaar te maak. Roer koekmeelblom na 2 minute in en gooi water by. Verhit tot kookpunt en voeg vleis by. Sit deksel op en laat sop 1 – 1½ uur lank stadig kook. Haal vleis uit en maak groentes fyn. Indien voedselverwerker gebruik word, kan ‘n deel van die vleis ook verwerk word. Hou res van die vleis vir garnering.

Spoel kastrol uit, plaas sop terug, voeg melk by en verhit tot kookpunt. Voeg suurlemoensap by. Indien sop deur sif gedruk is, mag dit nodig wees om dit met ‘n bietjie water en mielieblom te verdik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 259 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *