Ouma se Roly Poly

Bestanddele
500ml koekmeelblom
15ml suiker
25ml bakpoeier
2ml sout
15ml botter
1 eier
Appelkooskonfyt

Metode
Voorverhit die oond tot 200°C. Smeer ‘n groot oondvaste bak, 2,5 liter. Meng die meel, suiker, bakpoeier en sout. Vryf die botter in. Klits die eier goed en meng met 20ml koue water. Meng nou alles saam tot ‘n stywe deeg Rol die deeg uit en smeer appelkooskonfyt bo-oor. Rol op soos rolkoek.

Stroop
500ml suiker
1 liter water
5ml vanilla
15ml botter

Metode
Meng alles saam en gooi in die bak. Plaas die poeding hierin. Bak vir 45 min.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 399 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *