Pepersous

Bestanddele
50ml botter
1 klein ui, fyngekap
50ml groen peperkorrels, effens fyngedruk
5ml aangmaakte mosterd
30ml brandewyn
250ml room
30ml gekapte pietersielie
3ml sout

Metode
Smelt botter en braai ui daarin tot deurskynend. Voeg peperkorrels en mosterd by. Verhit brandewyn in ‘n klein houertjie, steek dit aan die brand en giet oor ui- en peperkorrelmengsel. Kook sous vinnig totdat dit tot een derde van die oorspronklike hoeveelheid ingedamp is. Verlaag hitte, voeg room, pietersielie en sout by en prut totdat sous dik is. Heerlik saam met bees, vark en wildsvleis.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,152 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *