RABARBERBIER:

Anna Eksteen

Bestanddele
15 stingels rabarber (was net af en moenie skil nie) gesny in blokkies
2,5 kg suiker
1 groot eetlepel wynsteensuur
5 liter kookwater
25ml suurlemoengeursel
10g korrelsuurdeeg

Bestanddele
Meng alles in ´n groot plastiekemmer behalwe die suurdeeg. Laat afkoel. Voeg 10g korrelsuurdeeg (of ´n halwe koekie suurdeeg), opgelos in ´n bietjie lou water, by sodra die mengsel op liggaamstemperatuur is. Voeg nog 10 liter koue water by. Laat staan oornag. Syg deur, bottel en plaas in die yskas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 154 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *