Rum en Rosyne Yskastert

Bestanddele
1 koppie (250ml) kookwater
1 koppie (250ml) room
3 ml vanielje
1 pakkie (200g) tennisbeskuitjies
420ml pitlose rosyne
1 blik (397g) Caramel Treat
8ml rumgeursel

Metode
Giet die kookwater oor die rosyne en laat dit 15 minute lank week. Klits die room styf. Voeg die Caramel Treat, vanielje en rumgeursel by en klits weer goed. Dreineer die rosyne, voeg dit by die kondensmelkmengsel en meng dit goed deur met ‘n houtlepel. Rangskik ‘n laag tennisbeskuitjies op die boom van ‘n vierkantige tertbord van 22 x 22cm, wat liggies met botter gesmeer is. Skep ‘n laag rosynemengsel bo-op die beskuitjies. Herhaal die lae en eindig met ‘n laag rosyntjiemengsel. Verkrummel ‘n paar beskuitjies en strooi dit bo-oor. Verkoel die tert 2-3 ure lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,155 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *