Smoorsnoek

Dalk die vorige aand te veel snoek gebraai en nou is daar oor?

Bestandele:
500 g snoek (Dit moet gaar wees en die vel en grate verwyder )
2 e botter
2 uie, fyn gekap
2 tamaties, in blokkies gesny
2 e vars pietersielie, fyngekap
1 t sout
1 t swartpeper, varsgemaal
2 t suurlemoenskil, gerasper
4 aartappels, gaar en in blokkies gesny

Metode:
Vlok die vis met ‘n vurk. Verhit die botter in ‘n pan en soteer die uie tot deurskynend. Voeg die tamaties by en braai effens. Voeg die res van die bestanddele by en smoor dit ‘n halfuur lank oor matige hitte en roer dit af en toe sodat dit nie aanbrand nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,664 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *