Spinasie en Ricotta Canneloni

Bestanddele
Spinasie
750 g Ricottakaas
300 g spinasie
1 heel knoffelhuisie
15 ml olyfolie
20 ml botter
20 ml mielieblom
250 ml room
200 ml volroom melk
Canneloni pypies (± 250 g), gekook in soutwater vir ongeveer 3 minute
1 blikkie tamaties
10 ml gemengde speserye
300 ml jong roketblare
125 ml gekapte pekanneute, liggies gerooster
50 g parmesaankaas of enige ander harde kaas
100 g mozzarellakaas
Sout en peper na smaak
Metode:
Sny die knoffelhuisie in die helfte en sprinkel 15 ml olyfolie daaroor. Sit dit op ‘n bakplaat in die oond teen 160 grade vir ongeveer 45 minute om te rooster totdat dit gekarameliseer het.

Om die tamatiesous te maak, gooi die blikkie tamaties in ‘n pot saam met die gemengde kruie. Voeg sout en peper by na smaak en prut vir ongeveer 5 minute. Gooi dit onder in ‘n oondvaste bak.

Om die knoffelroom te maak, meng die botter en mielieblom goed in ‘n pot. Gooi die room en melk stadig by terwyl jy roer. Voeg die geroosterde knoffelhuisie by terwyl jy nog steeds roer vir ongeveer 10 minute. Die sous sal verdik. Haal die heel stukkie van die knoffelhuisie uit en laat staan.

Maak die spinasievulsel: Kook die spinasie vir 2 minute in water. Haal uit en kap baie fyn. Voeg die ricottakaas, komyn en gemengde kruie by en meng goed. Skep die spinasiemengsel in elke canneloni-pypie totdat dit goed gevul is. Plaas die Canneloni-pypies bo-op die tamatiesous in die oondvaste bak. Skep die knoffelroomsous oor en rasper mozzarellakaas daaroor.

Bak teen 180 grade vir ongeveer 25 tot 35 minute. Haal uit die oond en sit voor met roketblare, geroosterde pekanneute en die parmesaanskaafsels.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 240 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *