TUISGEMAAK:

Anna Eksteen

TUISGEMAAKTE KAASSMEER:
Bestanddele
4 koppies melk
500 g margarine (goeie romerige soort)
1 kg cheddar kaas
sout en swart peper na smaak

Metode
Kook alles saam en meng deeglik.

Opsioneel:
Meng ongeveer R10 se fyn biltong daarby. Bottel warm en bêre in yskas wanneer afgekoel.

TUISGEMAAKTE KONDENSMELK:
Bestanddele
1.25 liter melk
2ml koeksoda
500g suiker
3ml sout

Metode
Voeg alle bestanddele bymekaar en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Kook stadig totdat die melk soos dik room begin lyk. Moenie roer nie, tensy melk wil oorkook. Gooi in flesse wat gesteriliseer is en plaas vir 15 minute in voorverhitte oond van 120C. Skroef daarna dadelik toe.

TUISGEMAAKTE MAYONNAISE:
Bestanddele
2 eiergele
2ml mosterdpoeier
5ml suiker
2ml sout
knippie witpeper
10ml suurlemoensap of asyn
250ml olyf of kookolie of ‘n mengsel daarvan

Metode
Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak.
Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word. (Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.

TUISGEMAAKTE MOSTERD:
Bestanddele
397g kondensmelk
250ml suiker
110g mosterdpoeier
200ml mayonnaise
200ml asyn

Metode
Meng die kondensmelk, suiker en mosterdpoeier. Voeg die mayonnaise en asyn by en meng. Klits dit goed met ‘n eierklitser. Bewaar dit in die yskas. Lewer ongeveer 1 liter.

TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER:
Bestanddele
6 geelwortels
2 groen soetrissies
1 rooi soetrissie
3 uie
1 Engelse komkommer
750ml wit asyn
750ml mayonnaise
12.5ml suiker
sout en peper na smaak

Metode
Skraap of skil die geelwortels, verwyder die soetrissies se pitte en skil die uie af. Kap al die groente baie fyn en plaas dit in ‘n vlekvrye staalbak. Giet die asyn oor die groente en laat dit oornag staan. Dreineer die groente goed en druk dit droog. Voeg die mayonnaise, suiker en sout en peper na smaak by die groentemengsel en meng dit goed. Skep in droë, gesteriliseerde flesse en verseël dadelik. Bêre die toebroodjiesmeer in die yskas.

TUISGEMAAKTE GOUESTROOP:
Bestanddele
6x250ml suiker
750ml koue water
15ml kremetart

Metode
Meng suiker, kremetart en die helfte van die water in ‘n kastrol. Roer oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook oor matige hitte tot stroop ligbruin van kleur is, sowat 15-20 minute. Voeg die res van die water stadig by. Verwyder van hitte en gooi in, gesteriliseerde flesse. Verseël dadelik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 987 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *