Vrugte-Karamel-Nagereg

Bestanddele
2 pakkies Budoir beskuitjies
1 blik (380g) Nestlé Caramel Treat
1 blik (810g) vrugteslaai, gedreineer
6 piesangs, gesny en gedoop in suurlemoensap
2 koppies (500ml) dik vla
1 koppie (250ml) room, geklop
Gekapte neute, vir versiering

Metode

Pak ‘n laag koekies in ‘n glasbak. Gooi helfte van die vrugtestroop oor die beskuitjies. Klop Nestle Caramel Treat tot glad en skep oor die beskuitjies. Pak weer ‘n laag beskuitjies en gooi die res van die vrugte stroop oor. Skep die vrugte oor die beskuitjies. Rangskik die piesangs op die vrugte en gooi die vla bo-oor. Smeer geklopte room bo-oor en versier met gekapte neute. Laat goed in yskas verkoel voor bedien. Genoeg vir 6- 8 mense

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 250 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *