Ystee met ‘n Oosterse smakie

Gebruik Engelse tee om die ystee met ‘n Oosterse smakie op te tower

Bestanddele
1 liter water
4 sakkies Engelse tee
5cm- stuk vars gemmerwortel, in repe gesny
2 kardemompeule, gekneus
4 stele suurlemoengras, gekneus of in skyfies gesny
150ml strooisuiker
50ml koue, vars suurlemoensap
2 koppies (500ml) koue appelsap
1 suurlemoen, in dun skyfies gesny
1 liter mineraalwater
ysblokkies

Metode
Verhit die water, teesakkies, gemmer, kardemom, suurlemoengras en suiker in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat 3 minute prut terwyl dit kort-kort geroer word. Verwyder die teesakkies en plaas in die yskas tot dit yskoud is. Giet die mengsel deur ‘n sif en roer die vrugtesappe en suurlemoenskyfies by. Voeg die mineraalwater net voor opdiening by en skink oor ysblokkies in glase.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 178 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *