Jona 1V1-31

Veelsgeluk aan al die lang asems wat hulle wedloop by die Comrades voltooi het. Mag ons ook so ons aardse
wedloop voltooi.

Tweedens baie dankie vir diegene wat getrou tot die bediening bydra. Ons Vader sien julle harte,

Maandag 1 Junie 2015 Tema: Hoor en luister 1
****My eie woorde
****Dis mos een ding om te hoor maar ‘’n ander om te luister Die Here gee vir Jona 3 opdragte. Jona hoor Sy stem helder en duidelik maar hy voer net 1 opdrag uit …. Die 3 opdragte is :
• Maak jou klaar … m.a.w. kry alles gereed
• Gaan na Nineve
• Preek in Nineve, waarsku hulle .
Ja Jona het gereed gemaak…. Maar gereed gemaak om weg te kom van die Here se stem. Wat van my en jou …hoe lank gaan ek en jy nog weghardloop van Sy stem af?

Jona 1V1-31 ¶ En die woord van die HERE het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê:2 Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.3 Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af weg; en hy het na Jafo afgegaan en ‘n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor
betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg.
Genesis 22:1 Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!

Indien jy op Facebook is “like” asb my skakel
Facebook: http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

DAGTUKKIES:
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS

Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 91 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *