BOELIEBIEF EN RYSPASTEITJIES:

Anna Eksteen

Bestanddele
125ml rou rys
200ml beesvleisaftreksel
knypie sout
15ml botter
300g (1 blik) soutbeesvleis, in blokkies gesny
30ml gekapte pietersielie
45ml gekapte uie
30ml blatjang
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30ml tamatiesous
5ml suurlemoensap
1 eier, geklits.
250g gekoopte, onversoete brosdeeg

Metode
Plaas rys in ‘n kastrol. Voeg aftreksel, sout en botter by. Verhit tot kookpunt, bedek en laat saggies prut vir sowat 15 minute of tot rys sag is en al die vloeistof geabsorbeer is. Meng vleis, pietersiele, uie, sout, peper, suurlemoensap, blatjang, tamatiesous en gaar rys. Rol deeg uit en sny in vierkante van 10cm x 10cm. Plaas van die rysmengsel op elke vierkant. Bestryk die kante liggies met geklitste eier en vou oor om ‘n driehoek te vorm. Verseël die rante deur liggies met ‘n vurk daarop te druk. Plaas pasteitjies op ‘n gesmeerde bakplaat en bestryk met geklitste eier. Bak in ‘n voorverhitte oond by 220C vir 12-15 minute of tot goudbruin. Bedien warm. Sit voor met groente of ‘n groen slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 161 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *