Cathy Hempel se kerrie-botterskorsiesop

Bestanddele
1,5kg botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
1 middelslag ui, gekap
5ml matige kerriepoeier
5ml knoffelvlokkies
5ml gemengde kruie
Swartpeper na smaak
250ml suiwer lemoensap
500ml hoenderaftreksel
Room of suurroom en droë pietersielie (opsioneel)

Metode
Kook die botterskorsie en ui tot sag in ‘n bietjie water. Voeg die kerriepoeier, knoffelvlokkies, gemengde kruie en swartpeper by en roer goed. Meng die helfte van die lemoensap en hoenderaftreksel met die helfte van die botterskorsiemengsel. Meng met ‘n menger of klitser tot glad en doen dieselfde met die orige helfte. Die sop kan na smaak met lemoensap of met hoenderaftreksel verdun word. Sit warm voor.
Indien verkies, kan ‘n bietjie room of suurroom en droë pietersielie liggies ingeroer word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 173 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *