Genesis 2:7

Austin Higgs

LONGE.

Genesis 2:7: “Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens ‘n lewende wese geword het.”

Hierdie is een van my geliefkoosde verse, want ons maak dit gewoonlik sommer af deur te sê dat die Here het lug in ons longe geblaas en toe leef ons.

Ek dink dit is ‘n verhaal wat vertel is en ons kan maar bietjie literêr sekere betekenisse daaraan koppel.

Ek dink in die eerste plek het die Here ons longe opgeblaas, soos ons dit ken van “mond tot mond asemhaling” toepas, sodat daar lug kon inkom waarvan ons so afhanklik is. Dit is amper om so ons longe of ons lewens aan die gang te sit.

Tweedens het die Here iets van Homself in ons ingeblaas, wat Hy met geen ander van Sy skepsels gedoen het nie. Hy het so half iets van Sy Goddelikheid gegee, sodat ons anders is as die res van die skepping. Die Skepper het dus die wêreld gemaak en hierdie was die beste van alles, die kroon van Sy skepping en toe het Hy dit self aangeraak en self ietsie van Hom saamgestuur om vir die res van die skepsel se lewe saam met hom te dra.

Daar is so baie mense wat graag iets van God in hulle wil hê, of selfs net iets van Hom wil beleef. Nou dit is amper die beste voorbeeld, dat ons weet dat Hy persoonlik self in ons lewens ingekom het en vir my persoonlik aangeraak het en aan my lewe gegee het. Ek dra dus iets van God in my rond – al is dit dan ook net Sy stempel dat Hy my gemaak het, of in hierdie geval dat ek deur Hom lewe gekry het.

Natuurlik kan ons dit nog verder vat, dat die Here vir ons die lewensasem ingegee het, maar dat ons elke asemteug wat ons uitblaas weer aan iemand anders gee, deur te verkondig en te vertel van die groot wonder in ons lewens en van die ewige lewe.

Gaan dan heen en verkondig My evangelie aan alle nasies!!!!

Dankie, Here, dat U my vertrou met ‘n bietjie van U asem en help my om dit aan ander uit te deel. Amen.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 76 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *